BID SAAM MET ONS BYBELGENOOTSKAPPE

 

 pray

 
 

23 – 29 Junie

België: Bid vir die Bybelwerk in ons land en dat ons meer harte met die Woord van God sal bereik. Bid vir ons jonger geslagte en dat die Bybel hul sal aangryp en dat die boodskap van hoop só aan toekomstige geslagte uitgedra sal word.

 

Switserland: Ons dank God vir al die suksesvolle werk wat deur die personeel van die Switserse Bybelgenootskap voltooi is. Bid vir God se seën op ons huidige en toekomstige projekte en ’n spesiale seën op almal wat hard werk om die Evangelie te versprei.

 

Nederland en Vlaandere: Hou aan om te bid dat die Bybel meer gereeld in ons streke oopgemaak word en dat mense die Bybel as ’n relevante bron vir hul lewens sal sien. Bid ook dat alle kinders die geleentheid kry om van die Bybel te leer en bybelse waardes in hul lewens te implementeer.

 

Laai die kwartaallikse (Q2 2024) PDF-dokument hier af.

   

Kaart Nov Des